Rusland waarsku VSA oor langafstandmissiele

Rusland het gewaarsku hy sal optree indien Amerika langafstandmissiele aan Oekraïne verskaf en sê sulke wapens sal oor sy rooi lyn gaan. Oekraïne gebruik reeds Amerikaans vervaardigde hoëmobiliteit-artillerievuurpylstelsels en nie net langer-afstandmissiele wat in Amerika gemaak is nie. Die woordvoerder van Rusland se Departement van Buitelandse Sake, Maria Zakharova, sê hulle behou die reg voor om Moskou se gebied te beskerm met alles wat hulle het.