Rusland voeg soldate by, gebruik misleidende operasies

President Joe Biden sê ‘n Russiese aanval op Oekraïne bly ‘n baie groot bedreiging. Hy sê bykomende Russiese magte is naby Oekraïne se grens ontplooi. Hy voeg by hulle het alle rede om te glo Rusland was betrokke by ‘n misleidende operasie, ‘n mortieraanval op ‘n kleuterskool, wat Moskou wou gebruik om ‘n inval te regverdig. Hy voeg by ’n diplomatieke oplossing is steeds moontlik. Die Britse eerste minister Boris Johnson het ook in die verband met die media gepraat vanaf die lugmagbasis by Waddington.