Cyril moet sê oor wat hy weet van misbruik van staatsfondse

Die DA sê hy sal voortgaan om President Cyril Ramaphosa te probeer oortuig om voor die Parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge te verskyn om sy kennis oor die misbruik van staatsfondse te verduidelik. Die ANC-meerderheid het Woensdag gestem dat hy nie voor die komitee hoef te verskyn nie. Alf Lees van die DA sê die ANC se besluit om Ramaphosa se verskyning te blok, kom neer op verdoeseling: