Rusland steel graan in die Oekraïne – Duitsers

Duitsland se minister van Landbou het Rusland beskuldig van graandiefstal in die ooste van Oekraïne, terwyl G7-lande vergader het om die uitwerking van die oorlog op die wêreldwye voedselvoorraad te bespreek. Cem Özdemir het aan die begin van ‘n vergadering in Stuttgart gepraat met kollegas van die G7-lande, Oekraïne, die Europese Unie, die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling en die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie. Voor die inval het die Oekraïne 4,5 miljoen ton landbouprodukte per maand deur sy hawens uitgevoer. Dit sluit 1 -persent van die wêreld se koring, 15 persent van sy mielies en die helfte van sy sonneblomolie in.