Rusland skuldig aan oorlogsmisdade – Blinken

Die Amerikaanse regering het ‘n amptelike verklaring uitgereik dat Russiese magte oorlogsmisdade in Oekraïne gepleeg het. Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sê die waarneming is gebaseer op ‘n noukeurige studie van openbare en intelligensiebronne sedert Rusland Oekraïne verlede maand ingeval het. Hy sê hulle het tallose verslae gesien van lukrake aanvalle, aanvalle wat op burgerlikes gemik is en ander gruweldade. Blinken sê ‘n hof met regsbevoegdheid oor die misdaad sal uiteindelik verantwoordelik wees om in spesifieke gevalle skuld te bepaal.