Inwoners kla oor hul water moet betaal

Inwoners van Windhoek kla oor die beslissing van die dorpsraad dat geen verdere gratis water voorsien sal word nie. Die munisipaliteit sê hy skuld reeds 90 miljoen dollar aan NamWater en dat die voorsiening hom 4 miljoen dollar maandeliks kos. Die uitfasering van gratis water sal teen einde April voltooi wees. Baie inwoners sê hulle het hul werk tydens Covid verloor terwyl ander meen die pandemie is nie verby nie en dat hulle nie die water vir voldoende sanitasie kan bekostig nie. Op die oomblik is Covid gevalle rondom ‘n positiewe koers van 1 tot 2 persent. Die stad het vroeër ook melding gemaak van inwoners wat die water herlei en motors teen koste was. Daar word ook gemeen dat daar met die water gemors word en krane word nie toegedraai nie. Die regering het gratis watervoorsiening ‘n Maart 2020 ‘n riglyn gemaak toe Covid in die land uitgebreek het en talle plaaslike owerhede het groot skuld opgehoop by NamWater.