Rusland se deel van Internasionale Ruimtestasie erg beskadig

Die hoofingenieur van die belangrikste ontwikkelaar van Rusland se deel van die Internasionale Ruimtestasie sê dit staar onherstelbare skade in die gesig weens verouderde toerusting en apparatuur. Vladimir Solovyov het aan die staatsmedia gesê minstens 80 persent van die stelsels aan boord van die Russiese deel is verby die vervaldatum. Dit is nie die eerste keer dat Rusland sy kommer hieroor lug nie en die land het voorheen gesê hy kan moontlik die ruimtestasie ná 2025 verlaat. Die stasie is in 1998 gebou en aanvanklik ontwerp vir ‘n leeftyd van 15 jaar.