Rusland sal nie terreur ongestraf laat: Steven Seagal
Die voormalige Hollywood-akteur, Steven Seagal, beskryf verlede week se terreuraanval in die Russiese hoofstad as ‘n reuse tragedie wat nie moes gebeur het nie. Die kenner van gemengde gevegskuns, is van Russiese, Serwiese en Amerikaanse afkoms, en het oorlewendes van die aanval by ‘n konsert in Moskou, waarin 143 mense dood is, gaan besoek. Hy het op ‘n stadium die Russiese president, Vladimir Putin, as een van die grootste lewende wêreldleiers beskryf. Die 71-jarige Seagal glo Rusland sal die wêreld laat verstaan hierdie soort dade sal nie ongestraf bly nie.