E-tol-fiasko was harde les vir SA regering: Outa

Die uitvoerende hoof van die Organisasie teen Belastingmisbruik, Wayne Duvenage, sê die e-tol-fiasko was ‘n harde les vir die Suid-Afrikaanse regering. Hy sê die skema het al die tekens van mislukking getoon lank voor dit in Desember 2013 van stapel gestuur is, maar die regering het voortgegaan sonder om na sy burgers te luister. Duvenage sê die regering het vir jare daarmee volgehou, wat gelei het tot die vermorsing van miljarde Suid-Afrikaanse rand aan belastingbetalersgeld.