Rusland oorweeg handelsfinansiering vir sy graan-kliënte

Rusland se ministerie van Landbou sê die land gaan moontlik begin om handelsfinansiering aan invoerders van sy graan te verskaf, aangesien sanksies hierdie finansiële hulpmiddel raak. Die sanksies was die gevolg van die land se inval in Oekraïne. Minister Dmitry Patrusev sê die wêreld se grootste koring-uitvoerder werk saam met Eximbank en die Russiese Agentskap vir Uitvoerkrediet en Beleggingsversekering om aan buitelandse maatskappye finansiering te bied vir die aankoop van die land se produkte. Hy sê sy ministerie gaan probeer verseker die boerderybedryf verloop glad.