Rusland oortree VN-artikel – Geregshof

Die Internasionale Geregshof het beslis Rusland oortree artikels van twee VN-verdrae: een oor terrorisme en een oor die uitwissing van rassediskriminasie. Oekraïne sê Moskou is ʼn terroristestaat en dat hy soldate befonds het wat in 2014 betrokke was by die afskiet van Vlug MH17, waarin al 298 mense aan boord dood is. Die hof het bevind Rusland het nie mense ondersoek wat volgens berigte pro-Russiese rebellegroepe in die ooste van Oekraïne befonds nie. Die hof het egter geweier om Rusland daaraan skuldig te bevind dat hy die vliegtuig afgeskiet het.