Rooisee: Houthi’s val Amerikaanse skip aan

Die Houthi-beweging in Jemen sê hy het ‘n Amerikaanse handelskip in die Rooi See getref in ‘n nuwe aanval wat kommersiële verskeping teiken. Die beweging sê die skip, KOI, word deur die VSA bedryf. ‘n Maritieme sekerheids-onderneming, Ambrey, sê ‘n vaartuig wat suid van die Jemeense hawe Aden was, het ‘n ontploffing aan boord aangemeld, maar maak nie die skip se naam bekend nie. Intussen het Amerika nuwe lugaanvalle in Jemen van stapel gestuur, waarin tien hommeltuie geteiken is wat volgens berigte opgestel was vir lansering.