‘Rusland oortree internasionale humanitêre wette’

Die Europese Kommissie sê Rusland se misielaanvalle gister op Oekraïnse stede, insluitend die hoofstad Kiëf, kom neer op ‘n oorlogsmisdaad. Minstens elf mense is in die aanvalle dood. Die kommissie se woordvoerder, Peter Stano, sê die aanvalle is ‘n oortreding van internasionale humanitêre wette en Rusland se politieke en militêre leierskap moet aanspreeklik gehou word vir hierdie en ander oorlogsmisdade: