Damme begin water inkry

Sommige damme het begin water kry, na die eerste reën wat onlangs geval het. Volgens NamWater se weeklikse dambulletin het die Olushandjadam in die Noorde nou 47,5 persent water en selfs die sentrale Omatako, wat lank dolleeg was, het nou ‘n bietjie water. Die Ooste se damme het ook ietwat water gekry en die totale bronne is op 4,4 persent met die Otjiverodam op 6 persent. Die twee Viljoendamme by Gobabis is op 19,8 en 3,7 persent. Daar net 24,9 persent waterbronne in die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien oor. Von Bach is op 15,6 persent na water van Swakoppoort, wat op 48,7 persent staan, oorgedra is. In die Suide is Hardap op 21,8 persent met net meer as 1,9 miljoen kubieke meter wat in die afgelope week benut is vir die groenskema. Naute by Keetmanshoop is op 48,3 persent en die Oanobdam by Rehoboth het 48,9 persent water.