Rusland kan steeds aanval op Kherson loods

Russiese magte kan ‘n “massiewe artillerie-aanval” op Kherson loods nadat die land sy troepe uit die strategiese stad onttrek het. Dit is die mening van die hoof van die Britse leër, generaal Lord Richard Dannatt. Sy kommentaar kom op die hakke van aanmerkings dat die oorlog dalk na ‘n einde se kant toe staan.