Rusland gaan militêre basisse in weste skep
Rusland sal nuwe militêre basisse in die westelike deel van die land skep, in wat die minister van verdediging, Sergei Shoigu, beskryf as voldoende teenmaatreëls teen Finland en Swede se poging om by Navo aan te sluit. Volgens Shoigu is die twee Nordiese lande se poging een van verskeie militêre bedreigings langs Rusland se noordwestelike grens. Finland deel ‘n grens van meer as 1 300 kilometer met Rusland, terwyl Swede ‘n maritieme grens met Rusland deel.