Rupert verkoop diamantbelange in SA

Blink klippies wink nie meer vir die Reinet Inestment-beleggingsgroep waarin die Rupert-familie van Johann Rupert groot belang het nie. Reinet het in sy resultate vir die jaar tot einde Maart aangekondig verlede maand is ‘n transaksie afgehandel om sy belang in Jagersfontein en Rooipoort te verkoop. Dit is twee projekte waarin Reinet vir tien jaar belê het. Rupert, wat die voorsitter is, sê risiko’s neem internasionaal toe met rentekoerse en inflasie wat styg.  

https://iframe.iono.fm/e/1188961