Rupert is ‘n begunstigde van gronddiefstal

Die EFF betoog vandag in Franschhoek in die Wes-Kaap en in Mpumalanga by die eiendom van die miljardêr, Johan Rupert. Rupert is die eienaar van die wynlandgoed L’Ormains in Franschhoek in die Wes-Kaap en die Leopard Creek-gholflandgoed op die oewer van die Krokodilrivier naby Malalane in die Nkomazi- plaaslike munisipaliteit in Mpumalanga. ‘n Woordvoerder vir die EFF, Leigh-Ann Mathys, sê die party wil sy misnoeë uitspreek met die aankoms van wit setlaars in Suid-Afrika in 1652, want dit is die dag waarop Afrikane se probleme begin het: