Rundu gooi Angolese handelaars uit

Die Rundu-dorpsraad het informele handelaars van Angola verbied om hul goedere in die dorp te smous. Oor die jare heen het Angolese burgers die grens na Namibië oorgesteek sonder enige beperking op die verkoop van hul produkte – veral groente. Die stap het verbruikers ontstel omdat hulle nou meer as sewe kilometer moet reis na die Sarasungu-grenspos om die groente te bekom, teen ‘n koste van 60 Namibiese dollar en, die Angolese kom net twee maal weekliks grens toe. Die Rundu-dorpsraad sê hy het reeds die informele handelsregulasie in 2008 aanvaar, maar implementering was traag.