TransNamib kry waarnemende hoof in Gonzo

TransNamib sê sy huidige uitvoerende hoof van menslike hulpbronne, Webster Gonzo is as TransNamib se waarnemende hoof uitvoerende beampte aangestel. Die aankondiging kom na Johny Smith besluit het om nie sy kontrak het hernu nie al is hy eenparig deur die raad 2,4 miljoen Namibiese dollar daarvoor aangebied. Kosmos 94.1 Nuus het met Abigail Raubenheimer, skakelbeampte van TransNamib gesels.