Rundu: 101 dwelmsake in 28 dae

Die polisie op Rundu, wat onlangs erge uitdagings gehad het met groepe tienerseuns wat voetgangers beroof het, sê hy het in Februarie, 101 dwelm arrestasies uitgevoer. Volgens die mag is 96 van die verdagtes Namibiese burgers, twee is vanaf Angola, met een elk van die Kongo, Nigerië en Zimbabwe. Dagga ter waarde van 2,4 miljoen Namibiese dollar is gekonfiskeer met 103 Mandrax-pille, 43 stukkies kokaïen en net minder as 6 gram kokaïenpoeier wat ook op beslag gelê is. En die uitdagings eindig nie daar nie. Die week is ‘n vragmotorbestuurder met sewe groot pakke dagga gevind by die Mururani-padblokkade. Verskeie ander dagga-arrestasies is ook die week uitgevoer en nog ‘n verdagte is gearresteer in besit van onwettige Yes-sigarette en Angolese whisky ter waarde van 632 000 dollar.