Rukoro-begrafnis – gebruik eerder geld vir Covid

Positiewe reaksie is ontvang op die Ovaherero Tradisionele Owerheid se besluit dat die geld vir die staatsbegrafnis van hul ontslape opperhoof, advokaat Vekuii Rukoro, liewer vir die stryd teen die Covid-pandemie aangewend word. Die owerheid het die Namibiese president, Hage Geingob, bedank vir die staatsbegrafnis waarmee hy wyle Rukoro wil vereer maar sê die fondse moet eerder so aangewend word. Politieke kommentator Christie Keulder het sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus gegee.