Covid: 45 sterf, hoogste syfer tot dusver

Daar is 1 567 Covid-gevalle uit 3 725 toetse bevestig (42%). Windhoek het 620, met Swakopmund op 152, Oshakati op 119 en Gobabis, 111. Streeksgewys het Erongo 247 gevalle en Otjozondjupa, 107. Daar is 284 leerders, 27 studente, 53 gesondheidswerkers en 30 onderwysers in die groep. ‘n Totaal van 45 sterftes is aangemeld. Daar is 533 pasiënte in die hospitaal met 96 in hoësorg.’n Totaal van 727 pasiënte het herstel wat aktiewe gevalle op 14 887 te staan bring. Kumulatief het Namibië tans 77 333 gevalle. Amper 21 000 persone is ten volle ingeënt.