Ruk plaaslike owerhede so reg: kenner
Mense kla gedurig oor swak bestuurde en mislukte plaaslike owerhede, waar dienslewering nie werklik gebeur nie maar raadslede ten spyte hiervan goeie salarisse en bonusse kry, met verhogings elke jaar. Sommige mense vra dat mislukte plaaslike owerhede geprivatiseer en deur bevoegde burgers bestuur word. Hulle sê tariewe en belasting sal verminder, sowel as skuld, en dienslewering sal verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Marius Kudumo, ’n kenner van korporatiewe bestuur, om uit te vind of privatisering van plaaslike owerhede sal werk. Dr Kudumo sê dat daar meer vereistes moet wees vir mense om in die plaaslike owerhede mee te ding.