August 26 kry nog ‘n noodtender vir klaskamers

Onderwysminister Anna Nghipondoka het onthul dat die verdediging-ministerie se August 26 Construction gekontrakteer is om nog 510 klaskamers by bestaande skole regoor Namibië te bou. Die werk moet teen die tweede helfte vanjaar voltooi wees teen ‘n geraamde koste van 200 miljoen Namibiese dollar onder ‘n noodprojek, wat ‘n tendervrystelling van die finansministerie toegestaan is. Dit volg op August 26 se bou van 510 klaskamers en 70 ablusiegeriewe vir 255 miljoen dollar verlede jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die PDM se sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, wat sy reaksie gee.

Kosmos 94.1 Nuus het ‘n reaksie ontvang van die uitvoerende direkteur van onderwys, Sanet Steenkamp, wat sê dat die ministerie die spesiale versoek aan die finansministerie gerig vir nog ‘n noodtender, en dat alle stappe korrek gevolg is.