Ruimtevaarders vir Artemis II bekend

Die Amerikaanse lugvaart- en ruimte-administrasie, NASA, het ‘n bemanning van vier ruimtevaarders aangekondig vir die Artemis II-sending. Hulle sal die eerste mense in meer as 50 jaar wees wat om die maan vlieg. Christina Koch sal die eerste vrou ooit op ‘n maansending wees terwyl Victor Glover die eerste swart ruimtevaarder op ‘n maanreis is. Hulle sluit aan by Reid Wiseman en Jeremy Hansen om laat volgende jaar in ‘n kapsule om die maan te vlieg. Glover sê hierdie oomblik in die geskiedenis moet gevier word: