Ruimtestasie moet op beweeg om vir rommel te koes

Die internasionale ruimtestasie moet vandag effe hoër op beweeg om te koes vir ‘n stuk ruimte rommel. Die stuk, wat afkomstig is van ‘n stukkende satelliet vanaf China, is blykbaar op koers na die stasie toe. Die bemanning sal 1 240 meter klim en dan weer in ‘n wentelbaan in beweeg. Die Progress-enjin wat op die oomblik by die stasie vasgemeer is, sal die beweging dryf. Berigte lui dat ruimte rommel al hoe meer van ‘n uitdaging word, veral vir satelliete wat na-aan die aarde wentel.