Rugbylegende Ian McIntosh sterf 

Die voormalige Springbok-afrigter en Haaie-legende Ian McIntosh is dood. McIntosh het die Bokke in 1993 en 1994 afgerig. Hy is as ‘n legende van die spel in Durban en KwaZulu-Natal beskou, waar hy die Haaie in die 1980’s en 1990’s afgerig het. McIntosh is vanoggend vroeg in ‘n Umhlanga-hospitaal dood. Hy is vroeër met kanker gediagnoseer. Huldeblyke van die Suid-Afrikaanse rugbygemeenskap het reeds begin instroom.