Rugby: Welwitschias klop Zimbabwe net-net

Rugby: Die Windhoek Draught Welwitschias het Saterdag hul eerste oorwinning in die Mzansi Uitdaging-rugbyreeks in Harare behaal. Losskakel André van der Berg het 22 punte, ‘n drie ingesluit, aangeteken. Die Namibiese rugbyspan het met 31-26 teen die Zimbabwe Goshawks gewen. Die halftyd-telling was 17-13 in die Welwitschias se guns. Volgende Saterdag kom die Welwitschias teen die San Clemente Rhinos op die Hage Geingob-stadion in Windhoek te staan.