Iran pas steeds streng kleredragreëls vir vroue toe

Owerhede in Iran het aangekondig dat enigeen wat Iranse vroue aanmoedig om nie ‘n hijab te dra nie vervolg sal word. Die adjunk-prokureur-generaal, Ali Jamadi, se aankondiging volg te midde van ‘n toenemende aantal vroue wat die land se wetgewing oor kleredrag verwerp. Talle vroue word al hoe meer in die openbaar sonder die verpligte sluier in winkelsentrums en restaurante gesien. Verskeie bekende vroue en aktiviste plaas ook foto’s van hulself sonder ‘n hijab op sosiale media platforms.