Rugby: Vyf veranderinge aan SA A-span

Rugby: Die afrigter van Suid-Afrika A, Mzwandile Stick, het vyf veranderings aan die beginspan aangebring wat Donderdag teen die Bristol Bears te staan kom. Hy het Sacha Feinberg-Mngomezulu en Marco van Staden in die begin-vyftiental ingesluit. Feinberg-Mngomezulu vervang vir Johan Goosen in ʼn nuwe skakelpaar-kombinasie met Grant Williams, terwyl Gianni Lombard by die beseerde Aphelele Fassi op heelagter oorneem. André-Hugo Venter is die haker in die plek van Joseph Dweba, wat op bystand is vir die Springbokke, met Van Staden in die plek van Phepsi Butheliezi op flank.