Rugby: Vurige Curriebeker-einstryd in Bloemfontein verwag
Rugby: Suid-Afrikaanse geesdriftiges se oë gaan vanmiddag op Bloemfontein gerig wees waar ‘n dramatiese Curriebekerseisoen na verwagting met ‘n vurige eindstryd afgesluit sal word. Die Cheetahs gaan probeer om vir die eerste keer sedert 2019 weer as kampioene gekroon te word, terwyl die Pumas wil bewys hul sukses in verlede jaar se seisoen was nie ‘n blote gelukskoot nie. Die Vrystaters het in vanjaar se toernooi die meeste drieë en punte aangeteken, terwyl hulle onder die top-drie spanne vir verdedigingspel was. Die Pumas het egter uitstekende oorwinnings behaal en is ‘n kortkop agter die Cheetahs met die meeste drieë en punte in die seisoen.