Rugby-unie stoei weer met reël 108 wat stadion opeis

Die Namibiese Rugby-unie is weer in ‘n pekel en het weer, ter elfder uur, verdediging aangeteken nadat ‘n bevel van die beslaglegging van die Hage Geingob-stadion reeds in die hoërhof uitgereik is. Dit volg nadat Trip Travel ook onlangs net meer as 2 miljoen Namibiese dollar in onbetaalde reisreëlings vir die Welwitschias opgeëis het. Die keer het die unie amper 18 maande gevat voor hy enigsins op eise gereageer het. Yanna Smith het die besonderhede.