Rugby: Stormers in Kaapstad onttroon

Rugby: Die Ierse flank John Hodnett het vier minute voor die einde van die wedstryd ‘n drie gedruk en vir Munster ‘n 19-14 oorwinning oor die Stormers verseker in ‘n volgepakte Kaapstad-stadion. Dit was ‘n spannende Verenigde Rugby Kampioenskap-wedstryd wat vir Munster hul eerste trofee in 12 jaar opgelewer het. Die besoekers het drie drieë gedruk en die tuisspan twee. Die Stormers was diep teleurgesteld omdat hulle nie die titel verower nie. Die kaptein Steven Kitshoff het ná die wedstryd só gereageer.