Rusland voer lugaanvalle op herdenking van Kiëfdag uit

Rusland het oornag ‘n groot lugaanval in twee vlae op Kiëf van stapel gestuur waarin minstens een mens dood is, terwyl die hoofstad van Oekraïne vandag sy verjaarsdag vier. Lugaanval-afweerstelsels het minstens 20 hommeltuie afgeskiet wat na Kiëf gelanseer is, met vallende wrakstukke wat die lewe geëis het van ‘n 41-jarige man en ‘n 35-jarige vrou gewond het. Die burgemeester Vitali Klitschko sê die aanvalle voor dagbreek het gekom terwyl mense begin het om Kiëfdag te vier. Dit is die herdenking van sy amptelike ontstaan 1 541-jaar gelede. Die viering sluit gewoonlik straatkermisse en konserte in.