Rugby: Springbok-vroue is Afrika-kampioene

Rugby: Die Springbok-vroue is as die vasteland se kampioene gekroon nadat hulle die gasheerland, Madagaskar, met ‘n oorwinning van 79-8 verpletter het. Hulle het altesaam 214 punte behaal en slegs agt afgestaan in hulle drie wedstryde tydens die Afrika-bekertoernooi vir vroue. Die Bok-vroue het ook hulle plek in die nuwe WXV 2-toernooi bespreek wat later vanjaar in Suid-Afrika aangebied word. Die tussentydse afrigter, Louis Koen, sê hierdie toernooi was ‘n goeie leer-ervaring vir die span.