Ugandese President bevestig militantes bestorm militêre basis

Die President van Uganda, Yoweri Museveni, het bevestig dat honderde Al-Shabaab-militantes ‘n Ugandese weermagbasis in Somalië bestorm het. ‘n Aantal van die Ugandese soldate het volgens berigte nié die basis verdedig nie, maar na ‘n ander basis ‘n ent daarvandaan gevlug. Die aanvallers het ‘n groot hoeveelheid Ugandese weermagtoerusting in die basis vernietig. Volgens Al-Shabaab het hulle ‘n aantal van die soldate gevange geneem.