Rugby: Springbok-afrigter vind groener weivelde in Ierland

Rugby: Die Springbok-afrigter Jacques Nienaber het persoonlike redes aangegee vir sy besluit om aan die einde van die Rugby Wêreldbeker-toernooi in Frankryk uit te tree. Hy gaan ‘n volgende jaar ‘n afrigtingspos by Leinster in Ierland opneem. Nienaber sê sy fokus is steeds om alles vir die Springbokke te gee as verdedigende Wêreldbeker-kampioene. Die uitvoerende hoof van SA Rugby, Rian Oberholzer, sê hulle gaan binnekort ‘n opvolger aanwys, maar die direkteur van Rugby, Rassie Erasmus se kontrak strek steeds tot minstens die einde van 2025.