Hage vra hulp om na mees kwesbares om te sien

President Hage Geingob sê dit is ‘n verpligting om ‘n bevorderlike omgewing vir sake en beleggings in Namibië te skep, maar daar moet ook na die mees kwesbare lede in samelewing omgesien word. Hy het die Outjo Community Legacy Centre by Etoshapoort-nedersetting amptelik ingehuldig. Die sentrum sal munisipale en polisiedienste, ‘n biblioteek, kliniek en ablusiegeriewe aan inwoners voorsien wat gewoonlik nie toegang tot hierdie dienste het nie. Die President doen ‘n beroep op diegene wat die finansiële middele het om behoeftige mense te help. By dieselfde geleentheid het die stigter van Project Never Walk Alone, Tim Ekandjo, 1 647 pare plaaslik vervaardigde skoene aan die kinders van Outjo geskenk.