Rugby: Siya sê geen wedstryd teen All-Blacks is vriendskaplik
Rugby: Die Springbokke en hul aartsvyande, die All Blacks, pak mekaar vanaand op ‘n stampvol Twickenham in Londen in ‘n laaste opwarmingswedstryd voor die begin van die Wêreldbeker-toernooi. Suid-Afrika en Nieu-Seeland, albei driemalige Wêreldbeker-kampioene, begin albei met byna volsterkte spanne. Die wedstryd begin vanaand om half-nege. Die Bok-kaptein, Siya Kolisi, het dit duidelik gemaak dié wedstryd sal beslis nie as ‘n vriendskaplike ontmoeting bestempel word nie.