Rugby: Ses veranderings aan Springbokspan teen Engeland

Rugby: Die Springbok-afrigter Jacques Nienaber het ses veranderings aan sy beginspan gemaak vir Saterdag se toets teen Engeland op Twickenham. Jesse Kriel begin op buitesenter, Makazole Mapimpi op vleuel, Evan Roos op agsteman en Eben Etzebeth is terug op slot, terwyl Damian de Allende na binnesenter verskuif en Kurt-Lee Arendse nou op regtervleuel sal diens doen. Daar is ook vier veranderings op die bank met die kaptein van die Suid-Afrika A-span, Thomas du Toit, Marco van Staden, Jaden Hendrikse en Canan Moodie wat almal ʼn geleentheid in die wedstrydgroep kry.