Rugby: R1 miljoen op die spel in Bloemfontein

Rugby: ‘n Opwindende toernooi word vir Bloemfontein beplan waar die Cheetahs van 30 September tot 21 Oktober teen die Griekwas en drie internasionale spanne te staan gaan kom in die Toyota-uitdaging. Dit volg op die hoogs geslaagde eerste toernooi in November verlede jaar. Spanne van Italië, Ierland en Amerika word by vanjaar se program ingesluit. Behalwe die Griekwas sal die Cheetahs ook teen Italië A, ‘n opkomende Ierse span en die Amerikaanse Nasionale A-span speel. Die wenner sal 250 000 Suid-Afrikaanse rand uit die totale prysgeld van ‘n miljoen rand inpalm.