Rugby: Oud-Bokvleuel maak terugkeer ná opkikker-skorsing

Rugby: Die voormalige Springbok-vleuel, Aphiwe Dyantyi, kry die geleentheid om sy loopbaan weer aan die gang te kry by die Haaie. Die 28-jarige oudspeler van die Leeus het sedert 2018 in 13 toetse vir Suid-Afrika gespeel en ses drieë gedruk. Hy is net voor 2019 se Wêreldbeker-toernooi in Japan vir vier jaar geskors weens opkikker-gebruik. Hy sal binnekort weer kan speel en die Haaie het vanoggend bevestig hulle kon sy dienste bekom. Dyantyi onderneem om sy heel beste vir die Haaie-trui te lewer.