Rugby: Nuwe wêreldliga vir Suide en Noorde  

Rugby: ʼn Nuwe wêreld-liga wat binne drie jaar ingestel kan word, sal die toets-kalender glo ingrypend verander. Dit sal bestaan uit twee groepe van ses spanne uit elke halfrond – Suid-Afrika, Nieu-Seeland, Australië, Argentinië, Japan en Fidji uit die Suide en die Sesnasies-lande uit die Noorde. ʼn Eindstryd tussen die twee halfronde sal elke twee jaar plaasvind. Wêreldrugby het volgens berigte reeds op die nuwe formaat ooreen gekom en dit moet nog net deur klubs en die spelers se verteenwoordigers goedgekeur word.