SA se water-minister is ook in New York

Die Suid-Afrikaanse minister van water en sanitasie Senzo Mchunu, is ook, nes landbouminister Calle Schlettwein, by die Verenigde Nasies se Waterkonferensie wat van vandag af in New York gehou word. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê Mchunu gaan aan verskeie paneelbesprekings saam met sy eweknieë van die vasteland en regoor die wêreld deelneem. Hy gaan die in-dieptemaatreëls beklemtoon wat die regering onderneem het om watersekerheid teen 2030 en daarna te verseker: