Rugby: SWD Arende klop Welwitschias

Rugby: Die SWD Arende het die Windhoek Draught Welwitschias Saterdag in die Mzanzi-uitdaging op die Hage Geingob-stadion in die hoofstad met 31-22 geklop. Die halftyd-telling was 28-10 in die guns van die Arende. Die Namibiese rugbyspan kom volgende Saterdag, ook in Windhoek, teen die Valke te staan.