Rugby: Nóg ‘n Curriebeker-nederlaag vir WP

Rugby: Die Westelike Provinsie het sy Curriebeker-kragmeting teen die Griekwas Saterdagaand in Kaapstad met 32-13 verloor. Dit was die span van Kimberley se vyfde agtereenvolgende sege teen die WP. Griekwas het al sy punte in die tweede helfte aangeteken nadat die tuisspan teen rustyd nog met 13 -0 voorgeloop het. Die Leeus het op Ellispark ‘n bonuspunt-oorwinning van 34-22 teen die Haaie behaal. Dit volg na die tuisspan se sege teen die Griffons verlede week.