Rugby: Marcell Coetzee lei Japanse span

Rugby: Die Springbok-flank en gewese kaptein van die Bulls, Marcell Coetzee, sê hy is opgewonde om die Kobe Steelers môre teen Suntory Sungoliath aan te voer. Hy is oorweldig om as kaptein van die span in Japan aangewys te word. Hy het ‘n kontrak van ses maande by die Steelers, waarna hy beplan om na Loftus Versfeld terug te keer. Dit is die 31-jarige speler se tweede skof in Japan nadat hy in 2015  en 2016 vir Honda Heat uitgedraf het.