Rugby: Lood kom huistoe, Franco gaan vorentoe

Franco Mostert sal na verwagting bevorder word tot die Springbokke se beginspan vir Saterdag se toets teen Frankryk in Marseille. Dit volg nadat die slot, Lood de Jager, moes terugkeer huis toe nadat hy beseer is in die verloortoets teen Ierland in Dublin. Mostert het De Jager net voor rustyd vervang toe die nommer 5-slot die veld met ‘n skouerbesering verlaat het. Die voorspeler-afrigter, Deon Davids, sê hulle is nog nie seker hoe lank De Jager buite aksie sal wees nie. Die hoofafrigter, Jacques Nienaber, sal vandag sy span bekend maak.