Rugby-liga uitgestel

Die 2021 Rugby-liga Wêreldbekertoernooi is tot volgende jaar uitgestel nadat die verdedigende kampioen, Australië, en Nieu-Seeland verlede maand weens vrese oor Covid-19 onttrek het. Die toernooi sou tussen 23 Oktober en 27 November in Engeland plaasgevind het. Die organiseerders sê in ‘n verklaring na samesprekings met die betrokke partye, insluitende die Britse regering, was dit kommer oor spelers se gesondheid en veiligheid wat veroorsaak het dat die belangrike toernooi na die rugby-ligakalender van 2022 geskuif is.